| |
 |
|
| |
|
|
| |
News
and Press Releases
|
| |
News
|
| |
|
| |
Press Releases
|
| |
|
| |
|
| |
|
|
|
| |
Venture
Capital: New Ways of Raising Capital
|
|
| |
Finance
Week (11/08/2000) |
| |
RAISING capital is the biggest
headache for most entrepreneurs worldwide. More
people are now looking into this problem, notably
in the US but fortunately also in SA.
|
 |
|
| |
Muller Terblanche is an entrepreneur
who spotted an opportunity here. His Web-based
company, Ideagrowth.com, helps bring together
venture capitalists and entrepreneurs with smart
business plans.
Ideagrowth's Web site has
a registration form where an entrepreneur can
outline his business plan. The form is designed
to help you set out the necessary information
even if you are battling to formulate your business
plan.
A team of experts checks the plans and those
with potential are put on the Website, exposing
them to venture capitalists.
Once an entrepreneur and venture capitalist
have been brought together, Ideagrowth gets
a 4%-6% commission on the amount of capital
invested.
The Web site offers other services to entrepreneurs,
such as access to law and auditing firms, communications
experts and placement agencies with whom Terblanche
has concluded co-operation agreements.
"This helps entrepreneurs gain access to
the entire spectrum of services required for
establishing a company," says Terblanche.
"Since the Web site was introduced two
months ago, we've received 11 business plans.
Four of them have been approved and we're now
looking for suitable investors for these."
Terblanche says his company's services should
not be confused with so-called business incubators
where a company takes new organisations under
its wing and provides them with everything,
from office space to equipment, for a fee.
In the US, this culture is so firmly established
that a National Business Incubation Association
has been established. Member companies not only
provide space and equipment but also help to
arrange financing.
SA has no similar association, though the concept
is known here. For instance, Business Partners
lets space to small, medium and micro enterprises
(SMMEs), usually in premises that enable different
enterprises to operate next to one another while
sharing facilities and equipment.
SA companies are now also developing incubators
on the Internet. Clive Roberts of MMW Technologies
founded his own internet incubator, Evolve.
Other IT groups such as Cycad, Idion and Ixchange
also have internal incubator divisions. Some
of their services include raising capital.
The JSE introduced the Emerging Enterprise Zone
last year and its first deal was concluded in
December. The EEZ brings together those who
provide capital and those who need it. But entrepreneurs
must need at least R200 000. They pay R250 every
six months to keep their details on the Web
site.
SA's Venture Capital Association, established
last year, aims at achieving stability in this
industry (see accompanying report)
- Colleen Naudé
|
| |
|
|
|
| |
Waagkapitaal:
Nuwe Maniere om kapitaal te Vekry
|
|
| |
Finance
Week (11/08/2000) |
| |
Vir die meeste entrepreneurs
wêreldwyd is die verkryging van kapitaal die
grootste probleem. Vandag in Amerika is daar
al hoe meer mense wat hieraan aandag begin gee,
maar gelukkig is dit iets wat ook in SA toenemend
aandag kry.
|
 |
|
| |
Muller Terblanche het hierin
'n geleentheid gesien. Sy webgebaseerde maatskappy,
Ideagrowth.com help om entrepreneurs met blink
sakeplanne by verskaffers van waagkapitaal uit
te bring. Ideagrowth se webwerf het 'n registrasievorm
waarop die entrepreneur sy sakeplan uiteen moet
sit. Die vorm is so opgestel dat dit jou self
sal help om die gepaste inligting te verskaf.
Nadat planne deur 'n span kundiges oorweeg is,
word dié met potensiaal op die webwerf geplaas
en so aan verskeie waagkapitaalbeleggers blootgestel.
Wanneer 'n entrepreneur en 'n belegger bymekaar
gebring is, kry Ideagrowth kommissie van tussen
4% en 6% op die hoeveelheed kapitaal wat belé
word. Ander dienste wat die webwerf vir entrepreneurs
bied, is toegang tot prokureur- en ouditeursfirmas,
kommunikasiekundiges en plasingsagentskappe
met wie Terblanche samewerkingsooreenkomste
gesluit het.
"Sedert die ldeagrowth-webwerf twee maande
gelede ingestel is, het ons al elf sake planne
ontwang waarvan vier goedekeur is en waarvoor
ons nou geskikte beleggers soek," sé Terblanche.
Hy sê sy maatskappy se dienste moenie verwar
word met 'n sogenaamde sakebroeikas waar 'n
maatskappy nuwe maatskappye as 't ware onder
sy vlerk neem en alles van kuntoorruimte tot
toerusting teen vergoeding verskat nie. In Amerika
is dié kultuur al so gevestig dat daar reeds
'n National Business Incubation Association
bestaan. Maatskappye wat tot dié vereniging
behoort, verskaf nie net die nodige ruimte en
toerusting nie, maar help ook met die reël van
finansiering.
In SA is daar nie 'n soorgelyke vereniging nie,
hoewel die begrip van sakebroeikaste hier nie
vreemd is nie. Business Partners verhuur byvoorbeeld
ruimte aan klein, mikro- en middelslag-ondernemings.
(KMMO's). Dit is geleë in beboue wat so uitgelê
word dat veskillende ondernemings naas mekaar
bedryf kan word terwyl hulle geriewe en toerusting
deel.
Op internetgebied is SA maatskappye ook besig
om broeikaste te ontwikkel. Clive Roberst se
MMW Technologies het byvoorbeeld sy eie internet-broeikasgroep,
Evolve, gestig. Ander IT-groepe soos Cycad,
Idion en Ixchange het ook reeds interne broeikas-afdelings.
Om KMO's met finansiering te help het die Johannesburgse
Aandelebeurs (JA) verlede jaar die Emerging
Enterprize Zone (EEZ) gestig, wat reeds in Desember
sy eerste geslaagde transaksie beklink het.
Die EEZ bring mense wat kapitaal voorsien en
diegene wat kapitaal nodig het bymkaar uit.
SA se Waagkapitaalvereniging stel hom dit onder
meer ten doel om stabiliteit in dié bedryf te
bewerkstellig (sien bertig hierby).
-Colleen Naudé
|
| |
|
|
|
| |
Opwindende
geleenthede vir dié met waagkapitaal
|
|
| |
IT
Bylae tot Burger, Beeld en Volksblaad (29/08/2000) |
| |
'n Nuwe Suid-Afrikaanse Internet-onderneming,
Ideagrowth.com, bied opwindende geleenthede
vir die waagkapitaalsektor wat beleggers, entrepreneurs
en uitvinders gerus kan dophou.
Ideagrowth.com is 'n omvattende, internet-gebaseerde
diens wat mense met werkbare ondernemingsvoorstelle,
nuwe tegnologiese ondernemings, dinamiese idees
en uitvindings, en waagkapitaal-beleggers op
soek na nuwe geleenthede met hoë groeipotensiaal
bymekaarbring.
Die idee van die webwerf is gegrond op Amerikaanse
modelle.
Ideagrowth.com is een van Suid Afrika se eerste
ondernemings op die gebied van waag- en ontwikkeIingskapitaal
wat die reuse-potensiaal van die internet op
hierdie wyse aanwend. Die maatskappy verkies
om te belê in die vroeë stadium van die ontwikkeling
van 'n onderneming of idee - van ontwikkelingskapitaal
tot tweede-fase-finansiering.
Muller Terblanche, eienaar van die webwerf,
sê die missie is om opwindende nuwe idees op
die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling te
identifiseer en aan boord to bring - van aanvangsondemernings
en uitvindings tot skeppende entrepreneuriële
voorstelle - en hulle suksesvol byeen to bring
met beleggers.
Ideagrowth.com fokus voorts ook op maatskappye
met unieke tegnologie-gedrewe produkte en dienste
wat spesifiek gedefinieerde behoeftes in snelgroeiende
markte aanpak.
Kandidate word op grond van verdienste deur
Ideagrowth.com gewerf en aan keuring onderwerp
voordat hul idees en ondernerningskonsepte aan
'n raadgewende raad voorgelê word. Dié raad
bestaan uit Suid Afrikaanse en internasionale
kundiges op spesifieke gebiede.
Nadat 'n kandidaat suksesvol deur hierdie keuringsproses
gevorder het, lê ldeagrowth.com die sakeplan
van die suksesvolle kandidaat voor aan potensiële
beleggers.
|
| |
|
|
|
| |
Ideagrowth.com
fokus op geleenthede vir uitvinders
|
|
| |
Sakeburger
(05/09/2000) |
| |
MNR Muller Terblanche (36),
'n prokureur en sakeman, het onlangs met 'n
Internet-onderneming Ideagrowth.com begin wat
beleggers in die waagkapitaalsektor, entrepreneurs
en uitvinders nuwe geleenthede bied.
Ideagrowth.com bring mense met dinamiese sake-idees
en uitvindings en waagkapitaal-
beleggers wat nuwe beleggingsgeleenthede met
'n hoë groeipotensiaal soek, bymekaar.
Volgens Terblanche bied die maatskappy ook
deskundige advies met die ontwikkelings van
'n potensiële kandidaat se sakeplan. Met dié
doel voor oë onderhandel die maatskappy tans
vir samewerkingsooreenkomste met ouditeurs,
prokureurs, waagkapitaalmaatskappye en bestuurswerwingskonsultante.
Terblanche het gesê Ideagrowth.com is die eerste
onderneming op die gebied van waag- en ontwikkelingskapitaal
wat die potensiaal van die Internet op die wyse
aanwend.
Volgens Terblanche verkies sy groep om in 'n
vroeë stadium van 'n onderneming of 'n idee
se ontwikkeling daarin te belê.
Hy het gesê om mense met dinamiese sake-idees
en waagkapitaalbeleggers byeen te bring, is
'n spesifieke werwingstrategie ontwikkel met
die potensiaal om opwindende nuwe idees en ondernemings
op te spoor. Hy fokus veral op maatskappye met
tegnologie-gedrewe produkte en dienste wat op
'n snelgroeiende mark toegespits is.
"Ons soek spesifiek na entrepreneurs wie
se ondernemings die potensiaal het om sterk
en vinnig te groei," het Terblanche gesê.
Hoewel sy maatskappy self goeie kandidate werf
en identifiseer, kan voornemende entrepreneurs,
uitvinders en waagkapitaliste die maatskappy
se webtuiste by www.ideagrowth.com besoek, en
hulle registreer en besonderhede verstrek van
hul voorgenoemde ondernemings.
"Geen registrasiegelde is betaalbaar nie,
aangesien die maatskappy se inkomste uit kommisie
verdien wat gehef word op suksesvolle projekte
asook uit aandeelhoudings in die nuwe gesamentlike
ondernemings," het hy gesê.
Terblanche het veral in Amerika intensiewe
navorsing oor internasionale tendense gedoen.
Op grond van dié navorsing het hy Internet-
en biomediese ondernemings geÏdentifiseer as
twee van die snelgroeiendste terreine in die
Amerikaanse waagkapitaalsektor. Gevolglik fokus
Ideagrowth.com sterk op dié twee terreine.
Hy het gesê kandidate word na verdienste deur
Ideagrowth.com gewerf en aan keuring onderwerp
voordat hul idees en ondernemingskonsepsie aan
'n raadgewende raad voorgelê word, wat uit Suid-Afrikaanse
sowel as internasionale kundiges bestaan. Nadat
'n kandidaat suksesvol deur die keuringsproses
gevorder het, lê Ideagrowth.com die sakeplan
van die suksesvolle kandidaat aan potensiële
beleggers voor, het hy gesê.
|
| |
|
|
|
| |
INNOVATIONS
IN THE SOUTH AFRICAN ON-LINE FINANCIAL ARENA
|
|
| |
.Net
Magazine (October 2000) |
| |
Venture into the venture
capital market
A Cape Town attorney and businessman, 36-year
old Muller Terblanche, has launched an innovative
new web-based business, ldeagrowth.com, in the
venture capital market offering exciting opportunities
to investors, entrepreneurs and inventors alike.
As a one-stop Internet based service, ldeagrowth.com
matches people with viable entrepreneurial prospects,
high-tech ventures, dynamic ideas and interventions
with venture capital investors seeking high-growth
opportunities.
ldeagrowth.com is South Africa's first seed
capital company utilising the Internet in this
way and prefers investing in the early stages
of an entrepreneur's or company's development.
ldeagrowth.com focuses on companies with unique
technology-driven products and services that
address well-defined needs in rapidly growing
markets.
Although ldeagrowth.com will do its own sourcing,
prospective entrepreneurs, inventors, investors
and venture capitalists seeking new opportunities
can visit the company's site where they can
register with the company and provide details
of proposed ventures. There is no charge for
either party to register with the service as
the company earns its revenue from commission
charged on successfully matched ventures and
equity stakes in the new joint ventures.
|
| |
|
|
|
| |
Exciting
New Internet Service Matches Entrepreneurs And
Inventors With Venture Capital Investors
|
|
| |
Press
Release (13/07/2000) |
| |
A Cape Town attorney and businessman,
36-year old Muller Terblanche, has launched
an innovative new web-based business, Ideagrowth.com,
in the venture capital market offering exciting
opportunities to investors, entrepreneurs and
inventors alike.
As a one-stop, internet-based
service, Ideagrowth.com matches people with
viable entrepreneurial prospects, high-tech
ventures, dynamic ideas and interventions with
venture capital investors seeking high-growth
opportunities.
Based on the highly successful
American concept in this field, the interactive
hub of Ideagrowth.com is its internet website.
It is through utilisation of the ease of access
and direct interaction offered by the internet
that Terblanche is focusing on sourcing high-tech
start-ups, inventions, technology, and dynamic
ideas and matching them with investors and so-called
angels in the venture and seed capital market.
Ideagrowth.com is South Africa's
first seed capital company utilising the internet
in this way. As such the company prefers investing
in the early stages of an entrepreneur's or
company's development - from seed capital to
second-round financing. Terblanche says his
company's experience and resources can make
a significant contribution.
"While we will be focusing
on South Africa as a source base for viable
new business enterprises, inventions and ideas,
we are engaging internationally with investors
and angels on projects of merit," says
Terblanche.
"Our mission is simply
to source and secure exciting and cutting-edge
ideas ranging from start-up businesses to inventions
and creative entrepreneurial proposals and successfully
matching these with investors and angels. To
this end we have developed a specific recruitment
strategy which promises to uncover some extremely
exciting new ventures and ideas."
In addition Ideagrowth.com
focuses on companies with unique technology-driven
products and services that address well-defined
needs in rapidly growing markets.
"We specifically look
for entrepreneurs whose companies have the potential
to achieve a substantial market-capitalisation
growth," he says. Although Ideagrowth.com
will do its own sourcing, prospective entrepreneurs,
inventors, investors and venture capitalists
seeking new opportunities can visit the company's
site at www.ideagrowth.com where they can register
with the company and provide details of proposed
ventures. There is no charge for either party
to register with the service as the company
earns its revenue from commission charged on
successfully matched ventures and equity stakes
in the new joint ventures.
Terblanche has spent considerable
time investigating international trends - especially
in the US. He has identified internet-based
businesses and biomedical companies as two of
the fastest growing areas in the American venture
capital sector and will focus strongly on these,
though not exclusively.
Ideagrowth.com will source
and scrutinise prospects of merit before presenting
them to its Advisory Board for further evaluation.
The Advisory Board is made up of South African
and international experts in selected fields,
among them a renowned Harvard scientist who
has twice been awarded the Howard Hughes Bursary.
Once a prospect emerges from this selection
process, Ideagrowth.com will present the business
plans of successful candidates to potential
investors and angels.
Terblanche says his company
will further add value by professionally advising
high-potential prospects and assisting them
with the development of their business plans.
Ideagrowth.com has also been structured to offer
a one-stop advisory and matching service. In
this regard the company is busy concluding a
range of co-operation agreements with auditors,
attorneys, venture capital companies and experts
and executive recruitment specialists. The company
furthermore has an agreement with Salesbid.com,
an e-commerce company specialising in internet
auctions and developing online auction software
for companies such as the Protea Hotel Group
and Hertz Rent-A-Car, to provide prospective
entrepreneurs with all the required e-commerce
tools, know-how and mechanics.
Ideagrowth.com also draws on
the IT expertise of Mark Levitt, a 34-year old
computer and e-commerce specialist who has worked
in the computer industry in Cape Town and London
for the past ten years. Mark, a former South
African chess champion, was previously contracted
to British Telcom where he helped develop internet-based
software. He is also a director of Salesbid.com,
|
| |
|
|
|
| |
Onderwerp:
Opwindende Nuwe Internet-diens Bring Entrepreneurs,
Uitvinders En Waagkapitaal Bymekaarther
|
|
| |
Press
Release (13/07/2000) |
| |
'n Prokureur en sakeman van
Kaapstad, die 36-jarige Mnr Muller Terblanche,
het 'n innoverende nuwe web-gebaseerde besigheid,
Ideagrowth.com, geloods. Dié nuwe diens bied
opwindende nuwe geleenthede in die waagkapitaal-sektor
aan beleggers, entrepreneurs en uitvinders.
In kort is Ideagrowth.com 'n
eenstop-, internet-gebaseerde diens wat mense
met werkbare ondernemings-proposisies, nuwe
tegnologiese ondernemings, dinamiese idees en
uitvindings, en waagkapitaal-beleggers op soek
na nuwe geleenthede met hoë groeipotensiaal,
bymekaar bring.
Met sy webwerf as interaktiewe
kern is Ideagrowth.com gebaseer op uiters suksesvolle
Amerikaanse konsepte op dié terrein. Deur middel
van die maklike toegang en direkte interaksie
wat die internet bied, fokus Terblanche daarop
om nuwelinge op gevorderde tegnologiese terrein,
nuwe uitvindings, nuwe tegnologiese ontwikkelings
en dinamiese idees te identifiseer en sodanige
bronne in 'n aanlyn-databasis te vestig waar
hy hulle in aanraking bring met gepaste beleggers
en sogenaamde "engele" in die ontwikkelings-
en waagkapitaal-mark.
Ideagrowth.com is Suid-Afrika
se eerste onderneming op die gebied van waag-
en ontwikkelingskapitaal wat die reuse potensiaal
van die internet op hierdie wyse aanwend. Die
maatskappy verkies om te belê in die vroeë stadium
van die ontwikkeling van 'n onderneming of idee
- van ontwikkelingskapitaal tot tweede-fase
finansiering. Terblanche sê sy maatskappy se
diens, ervaring en bronne kan 'n substansiële
bydrae lewer.
"Terwyl ons binne Suid-Afrika
fokus as 'n bron vir lewensvatbare nuwe ondernemings,
idees en uitvindings, skakel ons ook internasionaal
met beleggers en sogenaamde engele ten opsigte
van projekte met meriete" sê Terblanche.
"Ons missie is eenvoudig
die volgende: om opwindende nuwe idees aan die
voorpunt van tegnologiese ontwikkeling te identifiseer
en aan boord te bring - vanaf aanvangs-ondernemings
en uitvindings tot by skeppende entrepreneuriële
voorstelle - en hulle suskesvol byeen te bring
met beleggers en engele. Vir hierdie doel het
ons 'n spesifieke werwingstrategie ontwikkel
met die potensiaal om uiters opwindende nuwe
ondernemings en idees op te spoor".
Ideagrowth.com fokus voorts
ook op maatskappye met unieke, tegnologie-gedrewe
produkte en dienste wat spesifiek-gedefinieerde
behoeftes in snelgroeiende markte aanspreek.
"Ons soek spesifiek na
entrepreneurs wie se ondernemings die potensiaal
het om aansienlike groei in mark-kapitalisasie
te realiseer," sê Terblanche. Ondanks die
feit dat sy maatskappy self werwing en identifisering
van goeie kandidate sal doen, kan voornemende
entrepreneurs, uitvinders en waagkapitaliste
op soek na nuwe geleenthede ook die maatskappy
se webtuiste besoek by www.ideagrowth.com waar
hulle kan registreer en besonderhede kan verstrek
van voorgenome ondernemings. Daar is geen fooi
betaalbaar om te registreer nie, hetsy vir entrepreneurs,
uitvinders of beleggers, aangesien die maatskappy
sy inkomste verdien uit kommissie wat gehef
word op suksesvolle projekte asook uit aandeelhouding
in die nuwe gesamentlike ondernemings.
Terblanche het intensiewe navorsing
gedoen van internasionale tendense, veral in
die Verenigde State. Voortvloeiend hieruit het
hy internet-gebaseerde en biomediese ondernemings
geidentifiseer as twee van die mees snelgroeiende
terreine in die Amerikaanse waagkapitaal-sektor
en gevolglik fokus Ideagrowth.com ook sterk,
maar nie eksklusief nie, op hierdie twee terreine.
Kandidate word op verdienste
deur Ideagrowth.com gewerf en aan keuring onderwerp
voordat hul idees en ondernemingskonsepte aan
'n Raadgewende Raad voorgelê word. Dié raad
bestaan uit Suid-Afrikaanse en internasionale
kundiges op spesifieke terreine. Onder hulle
is byvoorbeeld 'n gerespekteerde wetenskaplike
van Harvard aan wie die Howard Hughes-beurs
reeds twee keer toegeken is. Nadat 'n kandidaat
suskesvol deur hierdie keuringsproses gevorder
het, lê Ideagrowth.com die besigheidsplan van
die suksesvolle kandiaat voor aan potensiële
beleggers.
Volgens Terblanche word verdere
waarde deur sy maatskappy toegevoeg deur middel
van profesionele advies en bystand aan kandidate
met die ontwikkeling van 'n kandidaat se besigheidsplan.
Gevolglik is Ideagrowth.com ook so gestruktureer
dat dit 'n eenstop advies- en byeenvoegingsdiens
bied. Met hierdie doel voor oë is die maatskappy
tans besig om te onderhandel vir samewerkingsooreenkomste
met ouditeure, prokureurs, waagkapitaalmaatskappye,
en bestuurs-werwingskonsultante. Die maatskappy
het ook 'n ooreenkoms met Salesbid.com - 'n
e-handel maatskappy wat spesialiseer in internet-veilings
en die ontwikkeling van aanlyn sagteware vir
maatskappye soos die Protea Hotel-groep en Hertz
-om voornemende entrepreneurs by te staan met
al hul behoeftes op die terrein van e-handel
en die internet.
Ideagrowth.com maak voorts
ook gebruik van die IT ervaring en kundigheid
van Mark Levitt, 'n 34-jarige rekenaar en e-handel
spesialis. Levitt was voorheen werksaam in die
rekenaarbedryf in Kaapstad en in Londen. Hy
is 'n voormalige Suid-Afrikaanse skaakkampioen
wat onder meer ook vir British Telecom internet-gerigte
sagteware ontwikkel het. Hy is ook 'n direkteur
van Salesbid.com.
|
| |
|
|
|
|